Episode #3 - Passie Projekte

OOK BESKIKBAAR OP jou gunsteling potgooi platform

 
 

Deel Episode Op Sosiale Media

 

Jitte julle, om ‘n passie projek soos Reisigers aan te pak is nogal ‘n ding.

Net as ‘n onlangse voorbeeld, die laaste paar weke was daar soveel persoonlike en werks commitments dat ek die skryf, voorbereiding en recording van hierdie episode net aanhou en aanhou uitskuif het.

Weereens, in die gees van radikale deursigtheid wat ek vir julle sedert die begin van om die-making-off/agter die mikrofoon van Reisigers vir julle belowe het, so ‘n “delay” laat my baie skuldig voel. Al my onderliggende negatiewe self-praat - die duktator (duk, soos in vet, slordig, met blink wange - hoe ek hom sien) op my skouer - die negatiewe self-praat se volume is dubbel so hoog.

Met elke uitskuif, praat Mr. Duktator net so bietjie harder.

Terselfdetyd, as ek terug staan, dan was daar soveel goeie dinge, vrugte wat ek nou kan pluk, wat duidelik uitstaan wat ek na kan wys wat regtig spesiaal is - o.a. Die publikasie van ‘n boek wat ek deur my maatskappy Heavy Chef geskryf het, ironies (nie so beplan), met ‘n fokus wat na aan die tema van hierdie episode is: Side Hustles And Startups - nou beskikbaar in meeste kettingwinkels. ‘n Boek, wat met sy bekendstelling, my ook ‘n baie goeie geleentheid gegee het om oor Reisigers, my eie “Side Hustle” so te sê, te gesels in forums waar ek nog nie te vore die projek kon deel nie.

Ek sal meer oor die boek, Reisigers blootstelling agv boek asook so paar ander “housekeeping” items rondom Reisigers later in die episode met jul deel, maar vir nou wil ek eers stil staan op my boodskap in die begin, die uitskuif en herprioritiseering van die release van hierdie episode. Fundumenteel kom dit neer op ons konsep van Tyd.

Tyd, veral wanneer dit kom by passie projekte, is ‘n fasinerende fenomeen.

Ek is tans besig om Oliver Burkeman se Four Thousand Weeks vir die vierde keer te lees. Dit is een van daai boeke wat net mens, het verseker ir my, se orienteering teenoor die lewe verander. Ek maak ‘n punt om dit 1 keer ‘n jaar weer te hersien.

In kort, die groot insig van Oliver is dat ons tree op asof ons virewig gaan lewe, maar tog weet ons almal ons tyd is beperk - “finite”.

Vier duisend weke is die hoeveelheid weke wat jy het om te lewe vanaf geboorte tot as jy gelukkig is die ourderdom van 80.

Ipv dat hierdie feit van ons bestaan mens onder kry, hoekom baie van ons dit ignoreer, is dit ‘n vryende besef.

Ons tyd is beperk. Maak dit tel. Hou op om te veel te wonder wat jy nie by uitkom nie. Kies hoe jy jou beperkte tyd wil spandeer. Geniet dit, waardeer dit, sien tyd en dit wat jy kan skep vir wat dit is - ‘n geskenk, ‘n voorreg. En belangrik, in die konteks wat ek in die begin van hierdie episode met jul gedeel het: hou op skuldig voel vir die dinge wat jy uitstel.

Skop daai “duktator” onder se gat.

Burkeman se insig is dat ons idees oor produktiwiteit onderstebo is. Ons hou aan probeer om soveel moontlik te doen in so min tyd as moontlik. Maar terselfde tyd kla ons dat ons te min tyd het.

Om die punt te onderstreep, vra Burkeman om jou te verbeel dat jy na huisvrou in die jaar 1920 toe gaan wie letterlike ‘n hele dag kan spandeer om kos te maak (+-4 ure) en klere te was (+-6 ure), en jy sê hier is ‘n tegnologie vir jou wat kos maak binne minute, ons noem dit ‘n mikrogolf, en klere binne ‘n uur, ons noem hom ‘n wasmasjien.

Wat sal haar reaksie wees? Enige iemand se reaksie: JA ASB! Meer belangrik, die terugvoer en gevoel sal wees, ek gaan soveel tyd vir myself hê!

Tog, weet ons wat in werklheid gebeur het. Met al die tegnologie, het ons meer tyd?

Nee.

Hoekom, want dit gaan teen ons natuur om tyd te bank wanneer ons dit spaar. Ons is baie goed om bytevoeg.

In ‘n sosiale eksperiment wat in die vroëe 2000s gedoen was het navorsers mense ‘n basiese Lego brug gegee, ‘n paar blokkies vir die pilare met nog ‘n paar vir die dwars stuk.

Maar die speel-brug was skeef. Daar was op die een pilaar een blokkie te min.

Dan vra navorsers vir mense ‘n eenvoudige vraag. Hoe sal jy die brug weer reguit/level maak.

8 uit 10 het dit gedoen deur om ‘n blokkie by te voeg, eerder as om een weg te neem.

Ons is mal daaroor om bytevoeg. Ons kan dit nie help nie.

Altans, ons kan, maar dit vat baie werk.

Die prys is om jouself los te maak, bevry, bevry van excess/oormaat van opsies, commitments, vooropgestelde idees… net eenvoudig: vry.

Fasinerend, reg!?

Ek sit die skakel na Four Thousand Weeks in die episode notas hieronder. Ek stel sterk voor dat julle dit lees.

Nou, terug na die topic van passie projekte en my eie stuggle om tyd te maak vir dit. Met ‘n Besigheid wat groei, kinders met skoolaktiwiteite, kwaliteit gesin tyd, kwaliteit huweliktyd, vriendskappe, oefening en gesondheid… waar om als in te pas?

Hoe het ek dit ingepas om Reisigers te skryf en te vervaardig?

Waar pas ek tans die skryf en opname van hierdie agter-die-skerms episodes in?

Hoe gaan ek dit in pas om die eintlike Reisigers movie-movie te vervaardig in die toekoms?

Past. Present en Future. Hierdie vrae is baie moeilik om te antwoord.

Met Burkeman se filosofie as ‘n riglyn, kom dit neer op een beginsel: die antwoord is: wanneer die tyd reg is.

Of meer spesifiek, wanneer jy kies dat die tyd reg is.

Vir die laaste twee maande het ek ‘n handjievol dinge gekies wat nie Reisigers episodes was nie. Een van hulle is die werk met my span om Heavy Chef se nuutste boek: Side Hustles en Startups te skryf en publiseer.

Side Hustles se fokus is om enige iemand wat ‘n besigheid wil begin te help, al is dit ‘n deeltydse begin. Die boek deel insigte en lesse van 90 entrepreneurs wat self deur so ‘n journey gegaan het, met Side Hustles deel ons hul perspektiewe. Soos om vir ‘n koppie koffie te sit met 90 ander side hustlers.

Side Hustles And Startups was baie goed ontvang deur ons community, in so ‘n mate dat ons baie events kon bywoon om oor die boek te gesels… met een event wat spesiaal cool was: Fame Week Africa.

Gehost by CTICC, Fame Week is die grootste samekoms van talentvolle kunstenaars, vervaardigers en beleggers in die TV en film industrie in Suid Afrika… julle sien waarna toe hierdie beweeg!

Heavy Chef was genader om ‘n praatjie te doen oor Side Hustles And Startups, want baie in die kreatiwe industrie is presies die tipe mense wat ook hul eie dinge probeer.

Toe ek met hulle my eie “side hustle” deel - Reisigers - toe was daar baie ekstra opgewondendheid oor die praatjie. “Eating your own food” soos ons daarvan hou om te se. My eie opgewondenheid was net so groot, alhoewel ek dit probeer cool speel het, was dit eintlik ook senuwees. Ek gaan my storie deel in ‘n wêreld van mense wat voltyds doen wat ek as ‘n buitestaander passie projek aangepak het… nogal intimiderend.

So, hoe het dit gegaan?

Wel, uitstekend. Om die minste te sê.

Vir een, ek laai sommer die presentation deck in die episode notas hieronder vir enige van julle wat belangstel om die praatjie te sien.

Tweedens, alhoewel ek baie in my gemaksone is wanneer dit kom by publieke praatjies oor entrepreneur ontwikkeling, was my imposter sidnroom op max. Levels toe dit kom oor om die storie van Reisigers met hierdie spesifieke gemeenskap van storievertellers - btw meestal engels, nie afrikaans, van regoor die kontinent, te deel.

Soos ek doen met hierdie opnames was ek weereens radikaal eerlik oor die feit en my “ongemaak” in die opsig op die verhoog met almal gedeel.

Inteendeel, dit was my secret ingredient. Die terugvoer van die gehoor tydens and na my praatjie was ongelooflik. Mense is mal daaroor wanneer hulle met iets of iemand engage wat hart het, unproduced is, ongepolished, eerlik, tasbaar - vleis en been - is. Ek dink dit anker ons siel.

Side Hustles And Startups, Fame Week, die mense wie ek daar ontmoet het, die opvolg meetings en geleenthede wat gevolg het, was regtig ‘n geval van: tyd goed gekies en spandeer.

Bo-en-behalwe werk, ‘n boek en senuagtige publieke praatjies, kan ek ook met julle deel dat ek in die proses is om ons kerk, NG Elarduspark, te help om ‘n Podcast Studio opterig. Die kerk se digitale span en behoeftes groeie, podcasting is deel van jul planne en het net iemand nodig gehad om so ‘n projek te champion. Ek was en is meer as bereid om daai hoedjie te dra.

Wat beteken dit? Nog so bietjie tyd om die studio reg te kry, ‘n baie mooi space om gaste te nooi, cool gesprek idees, maar ook aan die ander kant van die coin - ‘n breek in ritmes om hierdie episodes te vervaardig. Die ouens by Klipkouers die studio waar ek episodes 1 en 2 gerecord het en vir wie ek baie dankbaar is, ongelukkig is besig om skuiwe te maak van hul eie, dus is dit nie meer ‘n opsie vir wat ek hier doen nie - maar die geleentheid by EP is ek baie opgewonde en dankbaar voor.

Julle, ek voel geinspireerd.

Daar is baie Reisigers gesprekke, idees en geleenthede wat ek besig is om na te kyk en te “stres test” soos hulle se.

Maar ek vertrou.

Soos altyd, ek love dit om Reisigers se journey met julle te deel. Vir my, is dit net so ‘n voorreg en oneindig fasineerend om te reflek oor die verlede, hede en toekoms van Reisigers.

Ek kan net dankbaar wees.

Vir die wat nog nie na die vollengte potgooi film va Reisigers geluister het nie, scroll asb af na die heeleerste item op Reisigers podcast feed waar jy die eksklusiewe luister movie sal vind.

Vir die wat dit reeds geluister het, vertel my asb watse vrae, temas en idees julle het wat ek moontlik hier met julle kan explore? Sal graag van julle wil hoor.

Tot volgende keer, ons gesels weer binnekort ✌️

 
 

Deel episode deur om enige van die icons hieronder te kies