Episode #4 - Wat Volgende?

OOK BESKIKBAAR OP jou gunsteling potgooi platform

 
 

Deel Episode Op Sosiale Media

 

Episode #4. Wat lê voor vir Reisigers in 2025?

 

——

 

Episode Notas:

 

Luister na die vollengte Reisigers produksie by www.louis.africa/reisigers.

 

——

 

Reisigers:

 

Vier beste vriende spandeer hul laaste dag van skool ooit op pad na hul ‘Sterreplek’ om hul eie konstellasies te trek. 

 

Drie jaar later, en nou vervreemd van mekaar, neem hul ‘n reis terug na hul tuisdorp en kom tot aangesig met hul vrese en drome as jong mans.

 

Geskryf en voorgelees deur Louis Janse van Rensburg.

 

Met Joshua Na Die Reën, Luan Jacobs, Deon Meiring en Wernard Van Zyl.

 

Klankontwerp deur Gideon Botes.

 

Musiek ‘Branders’ deur Joshua Na Die Reën.

 

Vervaardig in samewerking met die Gemeente NG Elarduspark.

 

Suid Afrika se heel eerste vollengte potgooi film.

 

Reisigers is ‘n 100% oorspronklike draaiboek geskryf deur myself, Louis Janse van Rensburg en nou vervaardig as ‘n unieke fliek ervaring vir jou ore.

 

  • Oorspronklike dialoog.

  • Meeslepende toneelbeskrywings.

  • Talentvolle stemkunstenaars.

  • Betowerende musiek.

  • Atmosferiese byklanke

 

‘n Oormagneet wat jou in die wêreld van Jouba, Slabs, Mario & Monty in trek.

 

——

 

Luister Skakels:

 

Vind en lusiter na Reisigers op Apple Podcasts, Spotify, Amazon Music of Youtube.


 

——

 

Aanbieder:

 

Louis Janse van Rensburg. Skrywer en vervaardiger van Reisigers:

 

Louis Janse van Rensburg is 'n skrywer, vervaardiger, en entrepreneur gebaseer in Johannesburg, Suid-Afrika. Getroud met twee kinders, is Louis die uitvoerende hoof van die Heavy Chef Foundation, 'n nie-winsgewende organisasie wat toegewy is aan entrepreneur ontwikkeling. Reisigers is 'n passieprojek wat moontlik gemaak was danksy die onwrikbare ondersteuning van talentvolle kunstenaars, sy familie, vriende, en gemeenskap.

 

https://www.linkedin.com/in/louisjvr/

jvrlouis@gmail.com

 

 
 

Deel episode deur om enige van die icons hieronder te kies