Episode #2 - Storiekaart

OOK BESKIKBAAR OP jou gunsteling potgooi platform

 
 

Deel Episode Op Sosiale Media

 

Okay, hier is ons. Episode nr 2.

My naam is Louis Janse van Rensburg. Die skrywer en vervaardiger van Reisigers en vandag wil ek super prakties gaan, en met julle stap vir stap deel hoe ek die storie van Reisigers beplan en gestruktureer het.

Maar eerstens wil ek net baie dankie se vir die van julle wat na Episode 1 geluister het. Die terugvoer wat ek gekry het was besonders positief.

Wat vir my uitstaan is dat daar ‘n waardeering is vir die transparency, die eerlikheid en opregtheid van om in diepte die skep van ‘n passie projek soos Reisigers met julle te deel.

Maar ek het ook gese ek gaan radikaal eerlik wees oor alles rondom dit wat ek doen met Reisigers.

En dit suit in hoe ek episodes soos hierdie aanmekaar slaan. Ek sal in toekomstige episodes als rondom dit deel, maar sover Episode 1 gaan was ek oor die algemeen baie gelukkig oor die eindproduk.

Maar ek kon ook ‘n paar dinge hoor na die tyd waaroor ek nie baie happy was nie.

Vir een, ek dink ek kon my energie vlakke en tempo veral in die begin van die episode met so 10% verhoog en verbeter het. Ek het, vir myself tenminste, ‘n bietjie stadig uit die blokke gekom gedurende die eerste 5 to 8 minute.

Soos julle hopelik hier kan hoor, is daar ‘n verbetering in die verband.

Ek het ook ‘n paar “rookie” opname foute gemaak waar ek my mond weg van die mic beweeg het terwyl ek praat, om na my notas te kyk of so. Dit het beteken ek kon hier en daar hoor die levels was nie 100% reg nie.

Ek is seker meeste van julle sou nie noodwendig hierdie tipe van detail opgetel het ni.e Ek weet ek is skuldig aan so bietjie imposter sindroom so nou en dan! Maar weereens, ek voel hoe meer ek met julle die tipe dinge deel, hoe meer kan julle ‘n gevoel kry van die rou waarheid wat ingaan om dinge aantepak.

Aan die positiewe kant, in terme van my eie assessering van episode 1, was dit ‘n baie goeie fondasie om van te bou. Ek dink my voorbereidings proses - weereens ek sal meer hieroor deel in die toekoms - was sterk. Die idees wat ek wou oordra glo ek was duidelik en logies uiteengesit. En verder meer was die topic - Die Plan - die perfekte vertrek punt en konteks vir wat ek vorentoe met julle gaan deel.

So, met dit ingedagte. Kom ons praat oor Reisigers se Storiekaart.

Weereens, vir die van julle wat nog nie na die volle Reisigers produksie geluister het nie, moedig ek julle aan om hierdie episode te pause en die vollengte luisterfilm te vind by louis.africa/reisigers of op die potgooi diens waar jy nou luister. Dit sal die heel eerste item op die feed wees.

Ek gaan van hieraf vorentoe alles van die storie met julle deel. Dus, ‘n spoiler warning… ‘n bederf boodskap. Om na die volledige film te luister met al sy karakter draaie sal werklik wat ek nou met julle gaan deel, soveel ryker maak.

Hier gaan ons…

Die idee van die storie van Reisigers was nie ‘n weerligstraal oomblik nie.

Maar op ‘n stadium het, wat ek ‘n goue driehoek genoem het homself onthul.

As jy jouself ‘n driehoek kan verbeel, links onder van die driehoek was die eerste scene van wat julle in die film beleef het.

‘n Stil somerswind beweeg rustig deur oop vlaktes droëe gras en kleurvolle veldblomme. Ons VOLG ‘n nuutgetrapte wandelpad en sien ‘n jong man gehurk onder ‘n OU WILGER… en die woorde: “‘n kosmiese oerknal”.

En regs onder, die laaste scene: op ‘n bergpiek, kyk op na die sterre.

Finaal, word ons gelos om asem te haal met ‘n beeldskone hemelruim gevul met sterre van alle soorte.

En die woorde:

Ons is alleen. Maar tog nie alleen.

Jis, ek kry sommer hoendervleis om dit weer te se.

En dan die movie se titel, die bo punt van die driehoek: Reisigers.

Daar was geen brainstorm van name nie. Geen ander alternatiewe name nie. Dit was net “Reisigers” van die begin.

En so het ek ‘n shape gehad. ‘n Naam, ‘n eerste scene en ‘n laaste. Al wat ek nou moes doen was om hierdie goue driehoek in te kleur van links na regs. Die skryf van die eintlike stories.

Op hierdie stadium, alhoewel ek baie rowwe storie notas, inspirasies, idees en temas gehad het, het ek in werkliheid geen idee gehad wat die storie tussen scenes 1 en 2 sou behels nie.

Ek het wel ‘n goeie idee gehad van hoe om ‘n struktuur of framework vir myself te skep om binne in rondtespeek en te werk, en belangrik met dissipliene die skryf van die storie aantepak.

Ek het in Episode 1 my agtergrond en voltydse beroep as entrepreneur ontwikkeling spesialis met julle gedeel.

Weereens, hierdie, asook om ‘n buitestaander to die film industrie, het vir my vaardighede gegee wat in retrospek vir my ‘n unieke voordeel gegee het in die skryfproses van Reisigers.

Een ding wat ek weet uit die wereld van entrepreneurskap is dat die startup van ‘n besigheid so exciting soos wat dit kan wees, het ook baie inherente risikos en bo aan daai lys van risikos is die oneindige opsies van wat jy kan doen. Dit klink teenstrydig, maar dit is die tekort aan bounderies en struktuur wat baie keer beteken dat jy kan besig bly sonder om werklik iets te he om te wys, of nog erger, sonder om iet van waarde wat fokus het te skep.

Selfde met ouerskap, waar ek en Lezindie self ‘n seuntjie en dogtertjie het, is ‘n gesinstruktuur wat geen bounderies het nie, onsettend gevaarlik. So gevaarlik wanneer daai bounderies te veel en te rigied is. Dit is ‘n balans. Struktuur met genoeg vryheid binne dit. 

Maar, dalk meer relevant, dink ook aan die wereld van kuns. ‘’N kunstenaar, wanneer hy of sy ‘n stuk verf byvoorbeeld, werk met ‘n canvas of ‘n stuk lap of ‘n muur wat baie spesifieke dimensies het - boundaries. Wat jy binne daai dimensies kan doen is oneindig. Maar kreatiwiteit kort rigting

So, in die geval van Reisigers was die rigting wat ek vir die storie geskep het, wat ek noem, ‘n Storiekaart.

Dit was nie ‘n formule vir skryf nie, maar net ‘n shape, ‘n raamwerk, ‘n struktuur waar binne ek kon die storie kon skryf.

Die Reisigers storiekaart het bestaan uit ‘n struktuur wat ek 4:4:4 genoem het.

  • 4 Acts.

  • 4 Storie beats per act.

  • 4 Scenes per beat.

Dus, het die draaiboek uit 4 acts bestaan. 16 storie beats en 64 scenes.

4:4:4.


Weereens: nie ‘n formule nie. Maar struktuur waarbinne ek vrylik kon beweeg.

Sodoende kon ek vinnig sien waanneer die storie te bloated raak, of waar die momentum skeefloop. Dit het beteken dat ek besluite kon neem oor hoe om scenes of charater beats te sny of skerper te maak en nog soveel meer voordele wat help met om ‘n gefokusde storie te skryf waar elke aksie of oomblik ‘n doel het om die storie vorentoe te beweeg.

Ek het die Reisigers storiekaart geteken en toe ook die storiekaart op ‘n werksbelanings tool geplaas (ek het ‘n tool met die naam van Trello gebruik vir die van julle wat sou belangstel) - als vir my fokus te gee en om my vordering te track.

Ek kon ten alle tye sien, soos ek skryf en edit, hoe dit als mooi in mekaar in pas.

Ek sit die storiekaart self - die finale ontwerp van dit, screenshot van Reisigers se Trello bord, asook fotos van my notaboek scribbles, in episode blog post en beskrywings onder aan hierdie episode, as julle wil kyk hoe dit als gelyk het.

Ek sal dit als ook op al ons socials met julle deel. Ek is seker die visuals sal help.

Nou, om te begin, hoekom 4 Acts?

‘N tipiese storiestruktuur bestaan uit 3 Acts.

Act 1: Set die storie op, stel jou voor aan die karakters en begin die motivering van die karakters en doelwitte bekend maak.

Act 2: Is waar die karakters begin engage met die storie se konflik of doelwit. Tipies sukkel hulle hiermee in die begin en dinge werk nie uit soos mens dink nie.

Act 3: Is dan die resolusie en conclusion van watookal jou storie is. Is die final battle of groot oomblik, dit sluit die storie af.

Nou ek weet, daar is baie benaderinge en filosofie oor die verskillende storiestrukture, maar hierdie is tipies die struktuur wat gebruik word.

Maar vir my het die middel gedeelte - Act 2 - gewoonlik ‘n wendings oomblik, waar die momentum en tempo van die storie na ‘n volgende en finale fase begin in beweeg. 

Dus het dit vir my sin gemaak om Act 2 in twee te deel. Hoekom ek ‘n 4 Act struktuur gebruik het.

Vir Reisigers het elke Act twee teenoorgestelde temas gehad wat die daai gedeelte van die storie weerspieel het.

Julle sien die sentrale tema van Reisigers is eintlik die idee van “Balans”. Maar balans is nie ‘n statiese ding nie.

Balans is ‘n uitkoms.

‘n Uitkoms, glo ek, agv wanneer twee teenstrydige forces met mekaar in aanraking kom.

Dit is Orde teen chaos.

Yin teen yan.

Lewe teen dood.

Geluk teen hartseer. Kan jy geluk waardeer sonder om hartseer te ervaar het?

Of my gunsteling beeld vir balans is twee firehydrants wat teen mekaar bars. Splush!

Dit is messy. Dan druk die een terug teen die ander. Maar daar is balans in die middel.

In Reisigers is Balans verteenwoordig in die spring tussen tydlyne van hede en verlede, met elkeen wat twee teenoorgestelde temas verteenwoordig.

Act 1 se twee temas was Saam En Alleen.

Act 2: Tuis en Opreis.

Act 3: Vrede en baklei.

Act 4: Verlos en hernu.

Reisigers Storiekaart

Vir die van julle wat na Reisigers al geluister het sal hierdie temas duidelik herken in die storie.

Elke tema het ‘n gevoel gegee aan die gedeelte wat hul verteenwoordig het.

Ek het dit selfs subtiel in die manier van praat tussen karakters ingewerk, die omgewing om hulle, dinge wat gebeur en waaroor hulle praat, die tipe musiek ensovoorts.

Maar mees belangrik die temas vloei in mekaar, het die storie ‘n bestemming gegee.

“Hernu”, die laaste tema, weerspiel die finale uitkoms van die verlies, soektoeg en opnuut hernuwing van identiteit wat ons karakters moes deurgaan.

Nou, is julle nog met my, byt vas, nou kom die harde werk.

Met 4 Acts en temas in plek, volgende moes ek die storie self beplan: Die Storie Beats.

4 Acts.

4 Beats per act.

Gaan kyk gerus na die storiekaart self wat ek op hierdie episode blad laai.

Vir die volgende gedeelte sal dit nogal handig wees om na te kyk soos ek oor die volgende praat. Want dit het direk te doen met wat ek nou met jullie gaan deel.

Verbeel jou ek le die temas visueel langs mekaar in ‘n reguit lyn.

Maar ipv ‘n horisontale lyn is hulle soos ‘n trap wat af en op beweeg gespasieer om elke tema op ‘n tydlyn te sit van verlede en hede.

Soos julle weet, Reisigers beweeg op ‘n ritmiese manier rond tussen die verlede en hede, waar op die einde die twee bymekaar uitkom.

Vir elke tema of “trappie” het ek die Beats uiteengesit.

Weereens julle, gaan luister eers na Reisigers by louis.africa/reisigers. Want ek gaan nou die storie heeltemal vir jul uitseensit.

Laaste waarskuwing….

Okay:

Reisigers Storiekaart: Beats

Act 1: Saam en Alleen.

Saam - speel af in die verlede

Beat 1: Jouba, Mario, Slabs & Monty op pad na hul Sterreplek.

Beat 2: Die ouens trek hul eie konstelasies.

Alleen - speel af in die hede.

Beat 3: Drie jaar later en Jouba sukkel met stadslewe.

Beat 4: Jouba loop weer vir Slabs raak. ‘N Onbeplande en ongemaklike spits-reunie.

Act 2: Tuis en Opreis.

Tuis - terug in die verlede

Beat 5: Jouba leen vir Rooies om vir Slabs te help.

Beat 6: Slabs spandeer tyd saam die Meintjies gesin.

Opreis - die hede.

Beat 7: Slabs en Monty daag onverwags by Jouba en Mario op.

Beat 8: Die ouens is op reis huis toe met ‘n onbeplande stop.

Act 3: Vrede en Baklei.

Vrede - terug in die verlede

Beat 9: Die ouens maak reg vir ‘n afskeids opskop.

Beat 10: Die ouens is in Rooies op pad partytjie toe.

Baklei - die hede.

Beat 11: Die waarheid oor Slabs se pa kom uit.

Beat 12: Mario konfronteer vir Jouba.

En dan laastens,

Act 4: Verlos en Hernu.

Verlos - 

Beat 13: Die verlede en hede bots. Die karongeluk. 

Beat 14: Jouba kom tot aangesig met homself. Mario is oorlede. Hy was nog altyd, in die hede tydlyn, oorlede.

Hernu - Hede

Beat 15: Jouba, Slabs en Monty sê totsiens.

En Beat 16: Terug by hulle Sterreplek is Jouba alleen maar tog nie alleen.

Ek sit skakels na die visuals van Reisigers se storiekaart in die episode descriptions hieronder.

Maar ja, sjoe. Mens kan die storie voel en sien, ne?

Ek het amper dag soos ek geskryf het na die storiekaart gekyk.

Vir elke storie beat het ek 4 scenes uiteengesit wat ek toe moes skryf en in ‘n traditionele draaiboek formaat sit. 64 scenes. Die eintlike, regtige harde werk.

Vir die van julle wat belangstel, gaan laai gerus die draaiboek af en kyk of jy die merkers kan sien van die Storiekaart?

Net ‘n laaste punt oor die Storiekaart. ‘n Onbeplande maar verassend ‘n waardevolle voordeel van om dit te kon he.

Dit het my gemotiveer.

Daar was iets regtig useful vir my om visueel te kon sien hoe die storie scene vir scene bymekaar kom en elke Beat voltooi word.

Daar was ‘n sielkundige kick, endorfiene, wat ingeskop het om ‘n stuk te kon klaar maak en aftick, selfs tydens edits en reviews.

Onthou daai goue driehoek waarna ek verwys het?

Om dit intekleur van links na regs.

Dit was onmoontlik om dit nie te voltooi nie, om whitespace ooptelaat.

Ironies genoeg toe word my storiekaart sommer ‘n productivity hack vir skryf.

Wie sou kon raai!

Ek dink dit is genoeg vir nou, vir episode 2.

Ek hoop regtig julle het hierdie praktiese deep-dive waardeer.

Weereens, asb, as dit van toepassing is vir julle, voel vry om die Storiekaart templaat van 4:4:4 te steel en te gebruik.

Maar ook, voel vry om my te kontak as julle julle eie ervaringe wil deel, van die dinge wat jul gebruik het om ‘n passie projek of stuk skryf werk te beplan.

Ek sal dit baie interessant vind.

Ons gesels dan weer binnekort.

Tot volgende keer!

 
 

Deel episode deur om enige van die icons hieronder te kies